DA draai nou teen sy eie lede – skop sy burgemeester uit in Knysna

Die DA beheerde munisipaliteit van Knysna het hul eie burgemeester, Eleanore Bouw-Spies, tydens ‘n mosie van wantroue uitgestem.

Die wantroue mosie is deur die ANC ingedien teen Bouw-Spies maar daar is nie verwag dat DA raadslede hulle sou ondersteun nie.

Die Wes-Kaapse leier van die DA het die gebeure  en die daaropvolgende verkiesing van  Mark Willemse van die DA as nuwe burgemeester, afgekeur.

Sewe lede van die DA het die vergadering verlaat voor die stemming plaasgevind het.

Berg Rivier DA burgemeester Evert Manuel het twee weke gelede bedank voor hy ‘n mosie van wantroue moes aanhoor terwyl Rhenda Stephan van Matzikama reeds ‘n interne mosie teen haar verloor het.

Politieke ontleders stem saam dat die DA se interne struwelinge, van nasionale vlak tot plaaslike vlak, besig is om die party te verlam.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!