Die ANC se pad van verwoesting

Opinie stuk: 35 jaar terug het die Kerkstraatbom ontplof. Die bom wat geplant en georgestreer was deur die ANC, se pad van verwoesting het egter nie daar gestop nie.

Die ANC het nie geskroom om mense se lewens deur n bloeddorstige gewapende stryd te verander nie.

Vandag kan ons terugkyk na die verlede en ons koppe is skaamte laat sak want ons toekoms hang soos n donker wolk oor almal.

Sedert 1994 is meer as n halfmiljoen( 500 000 ) Suid Afrikaners vermoor. Bykans 3000 boere is vermoor. Gewelds misdaad het eenvoudig net toegeneem.

Die land word daagliks gekenmerk deur openlike diefstal, brandstigting, grond vergrype, plaasmoorde, plaas aanvalle, stedelike en dorps moorde, haatspraak op minderheidsgroepe, hoe belastings, groot werkloosheid, opstande, stakings, die lys groei dag na dag.

Al hierdie dinge gebeur onder die vaandel van een organisasie, die regerende ANC !

Daar is n Bybel gesegde , wat jy saai sal jy maai.

Wat het geword van, die respek vir lewe?

Verdien ons na 35 jaar nie beter nie? Gaan ons die bloedbad onder die ANC vir nog 100 jaar kan aanskou?
Kan ons toelaat dat lewens en denkwyses verder vernietig word deur n kommunistiese ideologie?

Is die Christendom werklik so veilig in die sogenaamde nuwe Suid Afrika ?

Die Kerkstraatbom was n geweldige tragedie, waarom laat ons na 35 jaar toe dat dieselfde tragedie homself weer afspeel?

Deur: Wessel Basson /ToekomsVonk


Enjoyed this post? Share it!