Die appel val nie vêr van die boom – Edward Zuma verdedig sy omstrede pa

Jacob Zuma se oudste seun, Edward, het kort na sy pa se uittrede as president ‘n emosionele oproep gedoen dat SA Burgers hul agter Ramaphosa moet skaar en eis dat radikale ekonomiese transformasie so gou moontlik moet plaasvind.

Dit beteken volgens hom die terugneem van grond sonder vergoeding, want geen “settler” moet ooit vrede in die land hê nie.

Hy maak voorts die belaglike stelling dat Jacob Zuma sestig jaar van sy lewe aan die ANC gewy het en sy naam moet nie beswadder word nie.

Wit monopoliekapitaal is die dryfveer wat die land vernietig. Hy sien nie sy pa se korrupsie, omkopery en misdrywe raak nie.

Dit terwyl sy broer of halfbroer, Duduzane, deur die Valke gejag word vir sy aandeel in staatskaping.

‘n Waarnemer het opgemerk dat dit ‘n geval is van aartjie na sy vaartjie.

Foto: Edward Zuma en sy omstrede pa

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!