Die Dag Toe Eerste Wit Liberalis Hom Vasgeloop Het

Dit bly maar snaaks hoe die wit liberalis in Suid-Afrika sal stry teen die realiteite tot hy nie meer kan nie, en dan reg van voor af begin. Loop hy hom vas, raak hy weg soos verlede maand se salaris. En dis nie van vandag af nie.

Die eerste van die wit liberaliste in Suid-Afrika het met sy oortuiging homself in ‘n slegte posisie laat beland – en toe gedoen wat hulle almal doen: Landuit padgegee.

Thomas Pringle word beskou as die vader van die media en koerantwese in Suid-Afrika. Hy was ‘n redelike doring in die vlees van die Britse Koloniale owerheid en was in die oë van die Boeregemeenskap aan die Oosgrens ‘n suiwer pestilensie. Nie ‘n kans kon hy laat verbygaan om uit te wys hoe die arme swart stamme uitgebyt en benadeel en beroof word nie en deur sy inmenging het baie Boere erg skade gely as gevolg van kwaadstookstories wat voor die hof beland het, en waar hulle dan vrygespreek moes word omdat dit sommer liberale skoorsoekery van Pringle en sy gespuis was.

Om hom in staat te stel om sy kwaaddoenwerk na behore uit te voer, leer Pringle en sy vrou Elizabeth die Xhosa-taal aan en klim op ‘n wa om aan die Oosgrens te gaan kyk of hulle bewyse kan kry van die onderdrukking van die arme Xhosa stamme aan die Visrivier.

Hier aan die einde van die 1820’s span hulle een middag uit en knap daarna gewaar hulle sowat 400 Xhosas, tot die tande toe gewapen, oor ‘n heuweltjie aankom. Soos alle liberaliste raak Pringle dadelik aan die bewe en gee sy vrou opdrag om in die watent weg te kruip en te bid.

Tot Pringle se geweldige vreugde is dit die lyfwagte van die Xhosa opperhoof, Gaika. Dié is self ook daar met sy hele harem van 30 vroue. Pringle buig dadelik laag voor die opperhoof (en hoekom laat dit my nou dink aan die buigery wat in die Kaap aan die gang is deesdae?) en begin sy lof te besing.

Veral, vertel Pringle vir Gaika, is die jongste van die vroue darem vir hom baie mooi. Hy besing haar lof op die kruiperigste manier denkbaar en vra of Gaika haar dan nie tog aan hom wil afstaan nie.

En net daar loop hy hom vas.

Nee, sê Gaika, dié vrou van hom kan hy nie afstaan nie, nie eens verkoop nie. Maar aangesien Pringle so ‘n goeie vriend is, kan hy sy vriendskap bewys. Hy is bereid om sy vrou te ruil vir daardie blondekoppie met die pienk kappie in die watent.

Dit kos Pringle lieg deur sy tande. Hy vertel hoe lui en twisgierig en sieklik sy vrou is en dat hy Gaika nooit met so ‘n nuttelose skepsel sal opsaal nie. En daarmee kom hy los.

Terug in die Kaap sit ou miesies Pringle haar voetjie neer. Voor Gaika dalk van plan verander wil sy hier wegkom. En daarmee verkas die eerste twee liberaliste sak en pak terug Londen toe.

Tog jammer dat die navolgers van Pringle se filosofie so lui is om te leer uit die eerste groot les wat hulle ou meester self moes leer oor Suid-Afrika…daar word altyd ‘n prys geëis wat hulle self nie bereid is om te betaal nie!

Deur: Front Nasionaal


Enjoyed this post? Share it!