Die “dode” gaan Zuma se regkostes betaal

Die Nasionale Begrafnispraktisynsvereniging van SA (Nafupa-SA) het belowe om tot die voormalige president Jacob Zuma se redding te kom, met die bekendstelling van ‘n veldtog om fondse in te samel om sy regsrekening te betaal.

Nafupa-SA is die omstrede organisasie wat onlangs ‘n galadinee aangebied het om die voormalige president te vereer vir die herlewing van radikale ekonomiese transformasie en die bevordering van onteiening van grond sonder vergoeding.

Die organisasie beskryf homself op sy Facebook-bladsy as ‘n “begrafnisvereniging wat die meerderheid van die swart en voorheen benadeelde begrafnisondernemings verteenwoordig.”

Mnr. Muzi Hlengwa, president van Nafupa-SA, het aan die media gesê hulle het reeds hul veldtog afgeskop om fondse vir Zuma se regstryd in te samel, aangesien hulle nie kan toelaat dat “Msholozi die slagoffer van wildehonde raak nie – omdat ons sterk glo dat hy slegs aangeval word omrede sy beleid vir radikale ekonomiese transformasie en grond onteiening “.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!