Die Parliment word weer omskep in ‘n sirkus oor die Staatsrede vir volgende week Donderdag

Zuma of nie Zuma?

Dit is die vraag wat opduik met die oog op die staatsrede wat volgende week tydens die opening van die Kaapse parlement gelewer moet word.

Opposisiepartye probeer verhoed dat die huidige staatshoof, Jacob Zuma, die rede moet lewer, en wil sien dat sy adjunk, Cyril Ramaphosa, die staatsrede moet lewer.

Die speakers van die parlement en die Nasionale Raad van Provinsies, het egter voet by stuk gehou dat die land se staatshoof die rede sal lewer, wie ook al op daardie stadium president van die land is.

Die enigste wat die land se president kan vervang, is die ANC self, en dit lyk nie of dié die wil het om hom te verwyder nie.

Die EFF het reeds aangedui dat hulle die parlement in ‘n sirkus sal omskep soos verlede jaar, as Zuma die staatsrede gaan lewer.

HR>

Enjoyed this post? Share it!