Mans wat nou pa’s word, kan ook 10 dae betaalde kraamverlof kry. Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag die arbeidswette wat dít moontlik maak, onderteken.
Die nuwe arbeidswet maak ook voorsiening vir verlof vir ouers wat ’n baba aanneem of ’n surrogaat-ma gebruik.
As die kind jonger as twee jaar oud is wanneer hy of sy aangeneem word, of via ’n surrogaat-ma gebore is, mag een van die ouers 10 weke verlof kry.
Die UIF en kraamvoordele word ook verhoog.
Die NGO Sonke Gender Justice sê die nuwe wet is ’n “groot oorwinning vir ouers in Suid-Afrika”.
Werkende pa’s wat nie voorheen gekwalifiseer het vir kraamverlof nie, is nou geregtig op 10 dae aaneenlopende verlof.
“Pa’s kan die verlof gebruik om onbetaalde werk by die huis te doen en met hulle kinders te ‘bond’.”
Sonke sê navorsing het gewys dat ’n kind ‘bond’ met ouers wat sorg vir hulle basiese behoeftes.
–News24
Hierdie nuusberig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUKnuus nie.
Gratis Versekering en MVV (Motorvoertuigongelukversekering) Kwotasies en Begrafnisplanne Aanlyn …. Stuur net “Tuis” of “Auto” of “Lewe” of “Begrafnis” of “MVV” en u Volle Naam, Ouderdom en Selnommer na: info@medsure.co.za, of SMS / WhatsAPP die woord met jou volle naam, ouderdom en epos adres na: 062 30 30 314, of gaan net na www.MedSure.co.za, vul die toepaslike vorm in en ons bel jou.
Gratis inskrywing by ons Dating Service … kliek net Dating Service nou !!
Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by tersia@v.co.za, en ek sal jou vertel hoe !!