Dubbele Standaarde – Jong Zuma skuldig aan haatspraak, maar geen tronkstraf soos Vicky Momberg

Die seun van oudpresident Jacob Zuma, Edward Zuma, is skuldig bevind aan haatspraak.

Dit volg nadat die Menseregtekommissie hom voor die hof gedaag het nadat hy rassistiese opmerkings gemaak het teen Derek Hanekom en Pravin Gordhan.  Hy het onder andere gesê hulle verteenwoordig wit monopoliekapitaal.

Zuma junior moet nou binne die volgende week verskoning te vra vir sy haatspraak, en moet boonop ‘n boete van R60 000 betaal.

Alhoewel die uitspraak en straf verwelkom word, is dit vreemd dat hy nie ook tronkstaf opgelê is soos Vicky Momberg nie.

Foto: Edward Zuma en sy pa

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!