Durbanse Universiteit van Tegnologie voortaan dalk gesluit

Die bestuur van die Durbanse Universiteit van Tegnologie het gewaarsku dat die 2018 akademiese jaar dalk iets van die verlede kan wees indien die salaris kwessie van personeel nie spoedig opgelos word nie.

Personeel eis ‘n 10% verhoging, R400 behuisingstoelaag en ‘n R9 000 eenmalige bonus.  Dit sal die universiteit R 62 miljoen kos.

Die werkers is ‘n 6,5% verhoging is aangebied maar dit is van die hand gewys.

Statistieke SA het die week aangekondig dat die inflasiekoers op 4,2% staan, wat dus beteken dat die universiteit se aanbod selfs bo inflasie is, en die werkers eis dus dubbel die inflasiesyfers.


Enjoyed this post? Share it!