EFF pers DA af oor grondonteiening sonder vergoeding

Die DA se koalisievennoot in die groot metrorade, die EFF, dreig om die DA se beheer te beëindig deur uit die koalisie te tree, as die DA nie die EFF beleid van grondonteiening sonder vergoeding aanvaar nie.

Dit volg nadat die DA-leier, Mmusi Maimane tydens die debat oor die staatsrede gesê onteiening sonder vergoeding is nie versoenbaar met ‘n groeiende ekonomie nie, en Zimbawe as voorbeeld genoem.

Malema sê enigeen wat teen die beginsel van onteiening sonder vergoeding gekant is, is ‘n “vyand van die mense”.

Die DA word nou dus voor die keuse gestel om te kies tussen sy beheerposisie in die metrorade of die EFF se diefstalbeleid.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!