EFF staar haatspraak klagte in gesig

Die EFF staar formele klagtes van haatspraak in die gesig nadat die burgerregte-organisasie AfriForum Woensdag hul verkla het  by die gelykheidshof se kantoor in die landdroshof in Johannesburg ingedien.

Díe aanklagte volg kort na ’n voorval waartydens ’n groep EFF lede’n liedjie met die woorde “white man, you must die” en “shoot to kill the Boere” gesing het.

Adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum en hoof van AfriForum, Erns Toets wat aanstuur staan van die organisasie se teenrassisme-eenheid, sê  die burgerregte-organisasie het ’n prokureursbrief aan die leierskap van die EFF gerig waarop die party onbevredigend geantwoord het. Volgens Roets het dr. Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, die optrede van hierdie EFF-lede ook geprys.

Roets se “Haatspraak teen boere moet in besonder stopgesit word, aangesien geweld teen boere reeds ’n ernstige krisis is. Hierdie is nie ’n filosofiese debat nie. Die EFF skree ‘maak dood die boere’, en die boere word doodgemaak. Dít is die harde werklikheid.”

Volgens Roets sal dié saak prioriteit geniet. Hy sê die saak sal waarskynlik op ’n verhoor uitloop soortgelyk aan die haatspraakverhoor van 2011 waar die hof beslis het dat Julius Malema en die ANC haatspraak gepleeg het met hul sing van die lied “Dubula i’Bhunu” (“Skiet die Boer”).


Enjoyed this post? Share it!