Ekurhuleni-metro bevestig taxi staking

Pendelaars sal vergoed word met ‘n gratis rit vir ‘n verlore dag.

Die taxi-industrie in Ekurhuleni het die Ekurhuleni-metro kennisgewing gegee dat sy lede môre op 20 Maart, gaan staak

Dit is volgens die metro-woordvoerder, Themba Gadebe.

“As gevolg van hierdie verwagte protes, wat deur Ekurhuleni plaasvind, sal die metro die publiek inlig dat sy busdienste as ‘n voorsorgmaatreël opgeskort sal word vir die dag na ‘n dreigement van geweld,” het Gadebe gesê.

Hy het gesê pendelaars word aangemoedig om môre alternatiewe vervoermiddele te soek.

“Ons vra om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak word en dankie vir u begrip. Die busdiens sal vanaf Donderdag, 22 Maart ten volle in werking wees. “

Enjoyed this post? Share it!