Elke hond kry sy dag – NVG slaan toe op Gupta bates

Die Nasionale Vervolgingsgesag het toegeslaan op die Gupta familie se woning in Saxonworld.

Volgens ‘n hofbevel kan op bates van die gebroeders beslag gelê word ter waarde van R250 miljoen.

Huise, twee vliegtuie, ‘n helikopter, voertuie en bankrekeninge vorm deel van die bates waarop beslag gelê word.

Intussen is die Guptas se luukse straler op Lanseria Lughawe gestrand nadat ‘n hofbevel ook die bate gevries het.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!