Minister Tito Mboweni het Eskom aangeraai om na die geld markte te gaan en geld te “leen” of te genereer om hul skuld van bykans R420 miljard te diens.
Weereens het onvoldoende spandering op onderhoud veroorsaak dat kragstasies se vermoë om krag op te wek drasties verminder het.
Teen Sondag was beurtkrag vir vier opeenvolgende dae die lot van betalende verbruikers. Die toepassing van beurtkrag kan tot ses maande duur.
Mboweni beskryf Eskom as ‘n sif waarin geld net gestort word maar hy wei nie uit waarheen die geld “loop” nie.
Intussen het kundiges gewaarsku dat voortslepende beurtkrag die land in ‘n doods-spiraal kan laat beland. Mike Schusler beskryf die toestand as ‘n nagmerrie, met die land op die rand van ‘n afgrond.
Ramaphosa het die naweek die Saudi prins Mohammed Bin Salman ontmoet rondom energie beleggings, met die hoop om die gemors reggestel te kry.
Hierdie nuusberig weerspieël nie noodwendig die mening van SAUKnuus nie.
Gratis Versekering en MVV (Motorvoertuigongelukversekering) Kwotasies en Begrafnisplanne Aanlyn …. Stuur net “Tuis” of “Auto” of “Lewe” of “Begrafnis” of “MVV” en u Volle Naam, Ouderdom en Selnommer na: info@medsure.co.za, of SMS / WhatsAPP die woord met jou volle naam, ouderdom en epos adres na: 062 30 30 314, of gaan net na www.MedSure.co.za, vul die toepaslike vorm in en ons bel jou.
Gratis inskrywing by ons Dating Service … kliek net Dating Service nou !!
Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by tersia@v.co.za, en ek sal jou vertel hoe !!