Floyd Shivambu van die EFF rand ‘n blanke fotograaf aan

Die adjunkpresident van die EFF, Floyd Shivambu, is op kamera gevang waar hy ‘n fotograaf van Netwerk24, Adrian de Kock, om die nek gryp terwyl ‘n ander persoon sy hande op De Kock se kamera plaas.

De Kock het Shivambu genader rondom sy kommentaar rakende die De Lille verhoor waarop Shivambu gesê het dat hy die foto’s moet verwyder uit sy kamera.

Die Pers Gallery Vereniging het die voorval ten sterkste veroordeel asook die Redakteurs Forum wat die voorval as skokkend beskryf deur ‘n lid van die parlement.

Ontleders wys daarop dat die EFF se optrede in die parlement nie veel verskil van hul optrede in die straat nie.

Enjoyed this post? Share it!