Geliefde laerskool leerder in Springs neem lewe weens bullebakkery by skool

Nathan ,‘n leerling van Pam Brink Laerskool in Springs is  gister oorlede nadat hy homself opgehang het weens bullebakkery by die skool.

Die gemeenskap van Springs is in rou gedompel na die nuus ontvang is dat Nathan ‘n liewe kind en kranige rugby speler sy eie lewe geneem het na beweerde bullebakkery.

Met die eerste oogopslag, blyk dit asof Nathan is so ‘n gelukkige kind was, maar bewerings dui aan dat die seun  konstant geteister is deur mede leerders en self onderwyser.  Om ’n einde te maak met die teistering en spottery het hy homself volgens berugte in hul motorhuis gehang op Donderdag 15 Maart, 2018.

Ons wil ’n beroep doen op alle ouers:

As jou kind jou vertel hy of sy word afgeknou, moenie dit net los nie.  Moenie net terugstaan nie.  Asseblief mammas en pappas, jy mag nie toelaat dat jou seun of dogter deel word van die selfdood statistiek in Suid-Afrika nie.

Daar is die laaste ruk al hoe meer gevalle wat aangemeld word waar kinders regoor die land gespot en afgeknou word in Laerskole.

PRAAT MET JUL KINDERS , MAAK SEKER HULLE IS GELUKKIG WAAR HULLE IS, EN AS HULLE NIE IS NIE , TREE OP !!!!

Rus in vrede Nathan!

Geliefde laerskool leerder in Springs neem lewe weens bullebakkery by skool

STERKTE EN LIEFDE AAN DIE GESIN.


Enjoyed this post? Share it!