Gelyke Onderwys in Suid Afrika toe nie so gelyk

Gelyke Onderwys (EE) is ‘n beweging van leerlinge, ouers en gemeenskapsleiers wat streef en werk vir kwaliteit en gelykheid in SA onderwys.

Dit moet glo geskied deur navorsing, ontleding en aktivisme.

Sopas het die tesourier van EE, Doran Isaacs, egter bedank weens vele klagtes van seksuele teistering. Hy is die derde senior personeellid by EE om te bedank weens beweerde seksuele teistering.

Die vorige sekretaris-generaal, Tshepo Motsepe, en die hoof van nasionale organisasie, Luyolo Mazwembe, is die ander bestuurslede wat bedank het.

Jansen-Thomas, die waarnemende koördineerder van EE, is glo diep beswaard oor die gebeure in ‘n beweging wat staan vir menslike waardigheid, sosiale geregtigheid en gelykheid.

Waarnemers wys op die teenstrydigheid dat sulke gevalle plaasvind in sekere organisasies wat streef na reg en gelykheid.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!