George munisipaliteit buig voor ANC – Steve Hofmeyr is uitgemaak as “rassis wat wit oppergesag bevorder”

Die DA beheerde Munisipaliteit van George het geswig onder druk van ANC Raadslede en ‘n bespreking van die Stadsaal vir ‘n konsert van Steve Hofmeyr gekanselleer.

Die ANC Raadslede van George voel glo dat Steve nie openbare blootstelling behoort te kry nie.

Die George munisipaliteit het hul toestemming aan Steve Hofmeyr om ‘n konsert in die stadsaal aan te bied terug getrek.

Hofmeyr gaan op 22 Maart 2018 ‘n konsert in die stadsaal van George aanbied maar druk vanuit ANC geledere het gemaak dat hul die toestemming terug getrek het aldus Chantel Edwars-Klose van die munisipaliteit.

Dit het egter vanoggend bekend gewrod dat die beplande optrede egter voortgaan om fondse in te samel vir ‘n skool.

Falez Jacobs ANC segspersoon in die Wes-Kaap, het klaarblyklik op sosiale media Hofmeyr uitgemaak as “rassis wat wit oppergesag  bevorder”.

Borge soos Pick & Pay, Land Rover en Absa het hul in die verlede van Hofmeyr gedistansieer weens sy uitgesproke standpunt rondom onder andere Die Stem en die ou Republiekvlag.

Steve se besprekingsagent is nie eens van die besluit ingelig nie en moes Donderdag middag in die media daarvan verneem.

Hofmeyr het egter terug gekap en die volgende op sy facebook blad geplaas

Aan almal in George.

Dankie vir soveel ondersteuning. Ek sal nie gesnoer word nie. Die konsert in George sal voortgaan. Daarmee eerbiedig ek die grondwet asook my kontrak met George se mense. Ek is g’n politikus nie. My kontrak as digter, met George en Suid Afrika, is om my mense te hoor. Om die digter te wees wat sing oor wat hulle pla. Om te mag prys en te mag kritiseer in ‘n vry samelewing. As jy nie vreesloos kan staan voor die onderdrukkers van jou mense nie, is jy nie die naam “kunstenaar” werd nie. Dieselfde regering wat die krete van sy bruin en wit mense eenvoudig ignoreer, kon altyd op hul kunstenaars vertrou om dit te verwoord en hulle wanhoop stem te gee. Mense kom nie na my konsert vir politiek nie. Hulle kom om te hoor of hulle nog mag bestaan.
Om die George vertoning te kanselleer moet die George munisipaliteit 4 dinge doen:

1. Die grondwet ignoreer ten opsigte van vryspraak en vry assosiasie.
2. Kontrak breek.
3. Ons kliënt se finansiële skade ontduik.
4. En fondse (die winste) aan ‘n klein skooltjie moet ontsê.
5. Ingee vir druk vanaf die ANC.

Die ANC/DA is genadeloos genoeg om al 5 te probeer.
Ek staan dit teë.
Staan by my, lig jou ken en wees vreesloos.
Ek sien jou volgende week.
*
For perspective:

1. A “racist” hates other races. I don’t. I merely distinguish between races, like race-based BEE, AA, PP and quotas do.

2. A “radical” promises to kill citizens “but not yet”. Like Julius Malema does. Nobody batted an eyelid. I don’t say, sing or do that.

3. An “extremist” brings extreme expression to his ideology by killing innocent civilians. Like Chris Hani and Nelson Mandela did. Not my thing.

4. A “supremacist” claims the superiority of one race. Not I. I believe any race can do anything. I just don’t believe they did.

5. An “Apartheid apologist” wants the old South Africa back. Not I. I merely praise aspects of it, like Tutu, Zuma, Mthembu, Khosa, Malema, Gibson, Maimane, Ramphele, Zille, Suzman, Mncwango, Vavi, Kadalie and king Zwelinthini have done.
But your bitter attempts at killing off one half of the spectrum of opinions out there, because you can’t stomach it, may just remind us of something very akin to that old, censorious regime you try so hard to forget.
*
Die wêreld weet. Hulle marsjeer vir ons in Europa dié maand. Australië weet hulle kan die slagting nie langer ignoreer nie. Die VSA sal volgende wees.
*
AIG skop af in Kaapstad. Die sangers hier is opgewonde soos kinders. Ons wil nie slaap nie! Ons wil sing!


Enjoyed this post? Share it!