Geskorste hoof van misdaadintelligensie, Richard Mdluli, se dienste is beëindig

Die minister van polisie, Fikile Mbalula, het uiteindelik besluit om die geskorste hoof van misdaadintelligensie, Richard Mdluli, se dienste te beëindig.

VF plus se leier, dr. Pieter Groenewald, sê dit skep die geleentheid skep vir ʼn nuwe, permanente aanstelling in dié pos.

Dr. Groenewald sê een van die grootste redes waarom misdaad in die land floreer is omdat daar nie behoorlike misdaadintelligensie is om veral sindikate te ontbloot en sodoende omvangryke misdaad te bestry nie.

“Ek dring daarop aan dat ʼn bevoegde, ervare persoon nou aangestel word om die leiding daar te neem aangesien daar baie werk is wat gedoen moet word.

“Dit is ook belangrik dat dié persoon sal optree om misdaad te bestry in belang van die land en sy inwoners, en nie beskikbaar sal wees om politiek misbruik te word soos in vorige gevalle nie,” sê dr. Groenewald.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!