Geweld breek uit by Moses Madhiba Stadion – Gewoonte van brandsteek en afbreek ruk nou hand uit

Nee o genade! Nou ruk hierdie gewoonte van brandsteek en afbreek oor enige ding eenvoudig handuit!

Ondersteuners van Kaiser Chiefs het teen die einde van gisteraand se Nedbank Cup semi finaal wedstryd in Durban teen Free State Stars die Moses Mabhida Stadion aan die brand gesteek en op die veld gestorm. Sekuriteitswagte is aangerand en toerusting vernietig. ‘n Vroulike sekuriteitswag het verlede nag beswyk aan haar wonde nadat sy geskop en met stoele geslaan is.

Omdat hulle span verloor het…

‘n Mens besef by die dag al hoe meer dat ons eenvoudig nie verder tyd KAN mors om hierdie Suid-Afrika te laat werk nie. Dit vorder geen aks nie. Die barbaarsheid raak net al hoe erger.

Ons volstaan daarby: Hier moet ons uitkom. Selfbeskikking is AL opsie.

Gepost deur Front Nasionaal


Enjoyed this post? Share it!