Geweld vlam wéér op in Noordwes Provinsie – SA is aan die brand

Twee voertuie en ’n huis is by Itsogeng naby Lichtenburg in Noordwes-provinsie aan die brand gesteek na geweld weereens in die gebied opgevlam het.

Hierdie gebeurtenis volk kort op die hakke nadat ’n groep verdagtes Woensdag vier huise beskadig en aand die brand gesteek het.

Woordvoerder van die polisie Brig. Sabata Mokgwabone het tydens ’n persverklaring gestaaf dat geen motief vir die geweld tans bekend is nie.

Hy het ook genoem dat daar bewerings is dat ’n groep seuns die vorige dag leerlinge van die naburige Verdwaal-nedersetting verhoed om skool toe te gaan in Itsoseng, maar die polisie ondersoek nog die verband tussen die twee voorvalle.

’n Aantal huise en geboue is ook in die Rustenburg- distrik vroeër die maand aan die brand gesteek nadat gemeenskapslede prostitusie en dwelms op die dorp probeer bekamp het.

Die N4 tussen Zeerust en Botswana is vroeër vandeesweek versper deur inwoners van die Dinokana-nedersetting naby Zeerust in ʼn protesoptog om vars water te eis.

Vroeër in Januarie is die R49 tussen Mahikeng en Zeerust versper uit protes teen dienslewering. Die polisiekantoor is ook in die voorval met klippe bestook en die poskantoor is aan die brang gesteek in die voorval.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het dié voorvalle veroordeel. “Wetteloosheid het geen plek in ons samelewing nie. Ons sal verseker dat diegene wat protesoptogte gebruik om te plunder en ander misdade te pleeg, aan die pen sal ry. Dit is belangrik dat alle beskikbare regsmoontlikhede eers gevolg word om kwelpunte uit te lig eerder as om gewelddadig te raak,” het sy gesê.


Enjoyed this post? Share it!