Gigaba veg verbete om oorlewing

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, wend hom weer tot die hof oor die Oppenheimers se privaat terminaal by OR Tambo Lughawe.

Volgens berigte het Gigaba reeds in 2016 toestemming verleen vir Fireblade Aviation maar later het hy die bewerings ontken.

Twee weke gelede het die Appelhof Gigaba se appèl van die hand gewys rakende ‘n hooggeregshof bevel. In die bevel is bevind dat hy wel toestemming gegee het en dat hy onder eed gelieg het. Dit plaas Ramaphosa in ‘n posisie dat hy teen Gigaba sal moet optree oor sy optrede.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!