Goeie nuus – Brandstofpryse daal in Maart

Die Outomobiel Assosiasie (AA) het aangedui dat brandstofpryse in Maart 2018 sal daal.

Dit is weens die dalende oliepryse en die beter rand/dollar wisselkoers.

Die voorspellings is dat brandstof met 28 sent en diesel met 36 sent per liter sal daal die eerste Woensdag in Maart.

Verdere daling in die pryse is skraal gesien in die lig van die land se skuldlas en die wanbestuur van die staatsbeheerde entiteite.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!