Goeie reënval in Noord-Kaap bring verligting

Verskeie damme in die Noord-Kaap loop oor na goeie reënval die afgelope paar weke.

Die water het intussen die Augrabies waterval naby Kakamas in die Noord-Kaap bereik en dit sorg weer vir ‘n water skouspel.

Intussen het dit begin reën in die droogtegeteisterde Kaapstad. Rampbestuur is op gereedheid geplaas na voorspellings van moontlike kitsvloede, maar daarvan het sover nog niks gekom nie, en die reën wat wel reeds uitgesak het, het nog geen noemenswaardige verskil gemaak aan die feitlik leë damme nie. Die gemiddelde damvlakke in die Kaap is nou 20%.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!