Gogga maak vir babba bang! – Eskom staan weer bakhand, dreig met beurtkrag

Die Nasionale Energie Reguleerder, Nersa, se openbare sittings oor Eskom se beoogde tariefverhoging, is tans in volle gang.

Eskom vra weer vir buitensporige verhoging van dertig persent om ‘n R66 miljard tekort te verhaal. Ten spyte van die tekorte gaan Eskom voort om sy senior personeel buitensporige bonusse te gee.

Talle instansies het reeds aangedui dat hulle daardie versoek gaan teenstaan.

Net soos verlede jaar en die jare tevore wanneer die verhogings bespreek word, kondig Eskom skielik aan dat beurtkrag ‘n moontlikheid is.

Waarnemers sien dit as blatante afpersing sodat hy sy sin kan kry om tariewe op te stoot.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!