Gordhan steek sy nek uit deur te verklaar dat geen beurtkrag gaan toegepas word die winter

Volgens minister Pravin Gordhan sal daar geen beurtkrag wees die winter nie.

Hy maak die stelling terwyl Eskom beweer dat kragstasies ‘n steenkooltekort ervaar.

Waarnemers meen daar sal maar eers gesien word of Eskom so vinnig omgekeer kan word met of sonder kontant hulp van Tesourie.

‘n Ander verklaring vir Gordhan se versekering, is dat Eskom nie eerlik is oor die steenkool situasie nie, en dit as afdreiging gebruik om sy sin by Nersa te kry om belaglike tariefverhogings goed te keur.

Intussen het Gordhan het met die begrotingsdebat van die departement van openbare ondernemings in antwoord op die VF Plus se verwysing na ‘n moontlike skikking in die Transnet-pensioenarisse se groepsgeding teen Transnet en die regering, bevestig dat die regering wel ʼn skikking oorweeg. Hy het ook genoem dat die twee partye se regspanne mekaar moet ontmoet en tot ‘n vergelyking moet kom oor ʼn moontlike skikkingsbedrag.

Die VF Plus vind hierdie uitsprake van die minister as positief en beskou dit as ʼn stap in die regte rigting.

Die party hoop dat ‘n billike skikking spoedig bereik sal word in die belang van sowat 40 000 pensioenarisse wat oor die jare swaar gely het en in groot armoede en ellende gedompel is weens die stroping van hul fondse.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!