Gupta doen hofaansoek teen NVG om te verhoed dat bates gevries word

Atul Gupta het ‘n hofaansoek gebring teen die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) om te verhoed dat R10 miljoen in sy bank rekening gevries word.

Die NVG gaan die aansoek teenstaan.

Atul Gupta het sy aansoek in Dubai ingedien en daarmee erken dat hy die land verlaat het.

Volgens Indiese koerant berigte is broer Ajay by ‘n troue in Indië gewaar die afgelope week maar dit is nie bekend of hy nog steeds daar is nie.

Intussen het die beloning wat uitgeloof word vir die Gupta broers en Duduzane Zuma gegroei tot R2 miljoen.

Foto: Die Gupta broers


Enjoyed this post? Share it!