Guptas se vlerke geknip – moet straler terug besorg, verloor eiendomme

Die Kanadese Bank EDC het ‘n bevel in die hooggeregshof in Johannesburg verkry waarin die Guptas beveel word dat die Bombardier straler terug besorg moet word by Lanseria lughawe.

Die Burgerlike Lugvaart Owerheid is beveel om die vliegtuig te deregistreer, wat beteken dat die straler nie gebruik mag word nie.

Die gebroeders het 15 dae tyd om aan die bevel gehoor te gee maar daar word verwag dat hul gaan appelleer teen die bevel.

Intussen het EDC baie kritiek gekry in Kanada weens die feit dat hul staatsbeheerde lenings aan kliënte verskaf wat by korrupsie betrek word.

Intussen het Indiese belastingowerhede ook toegeslaan op die Guptas, en op ten minste 31 eiendomme beslag gelê.

Klopjagte is in Dehi, Saharanput, Dehradun, Haridwar en Noida uitgevoer en sluit onder andere ‘n tempel van R200 miljoen wat “ter ere” van die Gupta broers se pa gebou is.

Hierdie blyk egter net die punt van die ysberg te wees aangesien bronne in Indië beweer dat die Guptas meer as 125 eiendomme besit wat onder skuilname gekoop is die afgelope agt jaar.

Die Suid-Afrikaanse belastingbetaler het dus deur die begunstiging van Jacob Zuma en sy kamerade vir al hierdie eiendomme betaal. Atul, Ajay en Rajesh moet antwoorde verskaf rondom klagtes van geldwassery en die bedrieglike aankope van eiendomme.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!