Gyselaar-situasie ontstaan oor pensioengeld

Daar was Woensdagaand ‘n “gyselaar-situasie” by die kantoor van ‘n maatskappy wat veiligheidswagte aan lughawens, onder meer die O.R. Tambo-lughawe, verskaf, berig EWN.

Die polisie is glo na die toneel by die kantoor van Reshebile Aviation and Protection Services in Jet Park, Kempton Park, ontbied.

Minstens 15 werknemers is glo vir ure aangehou deur wagte wat woedend is omdat hul pensioenaftrekkings nie by hul pensioene inbetaal is nie.


Enjoyed this post? Share it!