Hartbeesfontein plaasaanval: boer 5keer deur boewe geskiet

‘n Boer wat in die Noordwes-provinsie woon, is gister 5 keer tydens ‘n plaasaanval geskiet.

Kallie Van Heerden is vyf keer geskiet deur drie onbekende mans wat hom op sy plaas in Rooikuil net buite Hartbeesfontein gekonfronteer het. Volgens sy vrou, Thelma, is hy in ‘n kritieke toestand en het interne bloeding a.g.v. die aanval. Van Heerden is net ná 16:00 Maandagmiddag in die hand, elmboog, skouer en bors geskiet.

Verslae dui aan dat die drie mans Van Heerden gekonfronteer het en kontant geëis het. Hulle het hom in die huis ingedwing waar hulle verskeie kamers deursoek het op soek na waardevolle items. Die verdagtes het gevlug met ‘n onbekende bedrag geld. Ten spyte daarvan dat hy swaar gewond was, het Van Heerden die buurtwag gewaarsku wat onmiddellik paaie in die distrik geblokkeer het. Volgens Van Heerden is die mans geklee in swart drag en het ’n rugsak by hulle gehad.

Met die hulp van Afriforum en lede van verskeie sekuriteits- en buurtwag forums is paaie van Rooikuil na Anncron geblokkeer om te verseker dat die ambulans so gou as moontlik by die hospitaal kom.

Van Heerden het Maandag is in Anncron-hospitaal by Klerksdorp opgeneem waar hy ‘n operasie ondergaan het om die skade aan sy longe te herstel ná die aanval vroeër die dag en sterk tans aan.


Enjoyed this post? Share it!