Heit jou rasis! – Floyd Shivambu, hoof sweep van EFF is anti-Indiër

Die EFF se hoof sweep in die parlement, Floyd Shivambu, het beswaar gemaak teen die teenwoordigheid van die adjunk direkteur-generaal van die tesourie, Ismail Momoniat, tydens ‘n finansiële komitee vergadering in die parlement.

Volgens hom ondermyn Momoniat se teenwoordigheid Afrika leierskap.

Tesourie het  die EFF se onkunde rondom die ministerie en tesourie  se werkswyse  uitgewys rondom die herrie oor Momoniat se teenwoordigheid.

Die EFF word beskuldig van rassistiese- en polities onkorrekte opmerkings.  Die vlak waarop die EFF redeneer en beweeg het nog nooit getuig van hoë intellektuele vermoëns nie.  Politieke kommentators wys daarop dat die EFF ‘n duidelike anti-wit en anti-Indiër sentiment huldig.

Foto: Floyd Shivambu

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!