Het jy jou geld in Bitcoin bele, wel die waarde is besig om te val

Die is merkwaardig dat verskeie kripto-munte die afgelope week onder druk gekom het, en dat Bitcoin sowat 20% in markwaarde geval het .

Bitcoin wat gereken word as die grootste van die meer as honderd verskillende kripto munte met ’n waarde van sowat 8 600 dollar, het op een dag met 15% gedaal.

Verskeie ander virtuele stelsels het ’n skerp daling in markwaarde ondervind, maar geeneen het soveel as die Bitcoin gedaal nie.

Finansiële deskundiges skryf die dalings toe aan ’n vrees wat bestaan dat strenger maatreëls teen kripto valuta ingestel gaan word en die sogenaamde Exchange Commission (SEC) strenger regulasies gaan instel.

Kenners wys daarop dat die onsekerheid ook lei tot groot verhandelings wat die mark versteur en derhalwe die waarde laat daal.

Miljoene mense het egter belê in Bitcoin, en is nog steeds houtgerus omdat hulle teen ’n veel laer prys gekoop het en steeds baie geld maak deur klein hoeveelhede te verkoop om te verseker dat hulle oorspronklike belegging “herwin” word.


Enjoyed this post? Share it!