Jarelange gebrek aan misdaadintelligensie en populistiese uitsprake deur ANC- en EFF-politici skep die klimaat vir burgerlike ongehoorsaamheid

Die Gautengse regering het reeds sy inwoners gefaal terwyl die plaasmoord-tog in die provinsie voortduur met twee bejaarde egpare wat Sondag in afsonderlike voorvalle op hul plase vermoor is.

‘n Bejaarde egpaar is Sondag op hul plaas in die Orange Farm-gebied in die Vaaldriehoek vermoor en met steekwonde in hul huis aangetref terwyl die 78 jarige Fanie en 74 jarige Colleen Engelbrecht van die plaas Welgevonden naby Westonaria onderskeidelik keelaf gesny en met ‘n strykysterkoord verwurg is. In beide gevalle het die terroriste onder meer vuurwapens, kontant en huisraad gebuit.

Mnr. Jaco Mulder, leier van VF Plus in die provinsie, sê na talle gesprekke en beloftes deur die Gautengse premier, David Makhura, en die provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid, Sizakele Nkosi-Malobane, is die publiek se geduld vinnig besig om ‘n versadigingspunt te bereik. Die polisie se jarelange gebrek aan misdaadintelligensie en populistiese uitsprake deur ANC- en EFF-politici skep die klimaat vir burgerlike ongehoorsaamheid.

Die VF Plus het ‘n beroep op die inwoners van Gauteng gedoen om by hul plaaslike beveiligingsaksies betrokke te raak.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!