Jong egpaar oorleef plaasaanval in Gauteng

’n Jong egpaar is Vrydag in die vroeë oggendure, net ná middernag, deur rowers wat by hul huis op ’n plaas in Hekpoort, naby Magaliesburg in Gauteng, ingebreek het, aangeval.

Die 21-jarige man is met ’n skerp voorwerp in die rug gesteek en hy het ook wonde aan sy gesig opgedoen, luidens ’n verklaring deur Netcare 911, wat na die toneel ontbied is.

Die vrou is aangerand, maar het nie ernstige beserings opgedoen nie.

Drie mans het die egpaar aangerand nadat hulle toegang tot die huis verkry het, luidens die nooddienstepersoneel wat die egpaar behandel het. Die verdagtes het ook probeer om die vrou te verkrag.

Die man is in ’n stabiele toestand in die hospitaal opgeneem.

Die polisie was op die toneel.

Geen verdere informasie beskikbaar.


Enjoyed this post? Share it!