Jongboere in ons land beplan ‘n konferensie om te besin oor toekoms

TLU SA se jongboere hou eersdaags weer hulle konferensie onder die tema: “Wat hou die toekoms vir die volgende generasie in?”

Die konferensie vind plaas by Lezar Opstal net buite Heidelberg in Gauteng op 15 Maart 2018.

Die Jongboervoorsitter, Derick Kuun, en sy span nooi graag al TLU SA se jongmanne en dames om te registreer en die dag saam met hulle te kom geniet, terwyl nie-lede van TLU SA welkom is om ook die konferensie by te woon.

Sprekers is dr. Frans Cronje van die Instituut vir Rasse Verhoudinge, en hy gaan praat oor die huidige politieke ontwikkeling en die implikasie vir die boer, asook dr. At Viljoen oor waardetoevoeging tot jou beeskudde.

Vir registrasie kan die skakel gevolg word op TLU SA se webwerf of kontak vir Runel by 012 8048031. Bywoning is gratis vir TLU SA lede, terwyl nie-lede ‘n geringe fooi moet betaal.


Enjoyed this post? Share it!