Kaapstadse burgemeester, Patricia de Lille klou soos klitsgras aan haar amp

Terwyl die DA alles in sy vermoë doen om van sy Kaapstadse burgemeester, Patricia de Lille, otslae te raak, blyk dit dat sy beslis nie gaan toelaat dat hulle oor haar loop nie.

De Lille het reeds ‘n mosie van wantroue van haar eie party oorleef, en die DA daag haar nou voor ‘n tugverhoor oor beweerde wanbestuur van die stad Kaapstad. Daar is egter verbasing dat die DA geen strafregtelike klag oor die saak aanhangig gemaak het nie, en nou eis De Lille dat die tugverhoor oop moet wees vir die media en die publiek.

Die DA is nie regtig lus om die verhoor openbaar te maak nie, want die verwagting is dat De Lille dalk in haar verweer sake binne die DA kan openbaar wat hulle eerder agter geslote deure wil hou. De Lille het egter gedreig dat sy die hof sal nader as die DA nie die verhoor oopstel nie. Die DA sal later vandag sy besluit hieroor bekend maak.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!