Kommissaris van polisie wil nou oud-lede terug kry om misdaadprobleem op te los – gaan blanke lede ook welkom wees?

Die nasionale polisie kommissaris, Khehla Sithole, sê hy oorweeg dit om gewese lede van die SAP te vra om weer aan te meld vir diens.

Hy gaan glo ‘n konferensie van polisie veterane byeenroep waar maatreëls bespreek gaan word hoe om die misdaadprobleem van die land op te los.

Waarnemers wonder of ou blanke lede ook gevra gaan word om weer aan te meld vir diens, want as dit nie die geval sou wees nie, sal dit ‘n nuttelose oefening wees.

Oud polisielede wat met Die Vryburger gepraat het, sê hulle is geensins opgewonde om weer by die polisie betrokke te raak nie. Hulle sal waarskynlik ondergeskik wees aan die politieke kaders in die polisie, en met die huidige rassisme teen blankes in die polisie, is dit geensins aanloklik om daar diens te doen nie.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!