“Kwota” speler, Ashwin Willemse, voel tenagekom en storm uit tydens lewendige uitsending

Die kleurling oud-Springbok rugbyspeler en SuperSport kommentator, Ashwin Willemse, het Saterdag sy speelgoed en rugbybal uit die kot gegooi en uitgestap tydens ‘n lewendige uitsending op SuperSport.

Sy klagte was dat hy deur sy medekommentators beskou as is as ‘n “kwota” speler.

Willemse was in 2004-2006 meer op die krukkelys as op die rugbyveld.

Hy voel tenagekom deur Naas Botha en Nick Mallett wat in die apartheidsjare rugby gespeel het.

Die minister van sport, Toko Xasa, het natuurlik dadelik op die wa gespring  en Botha en Mallett as rassiste beskryf, terwyl sy waarskynlik geen noemenswaardige kennis van rugby het nie.

Gwede Mantashe van die ANC het ook sy eiertjie gelê en Willemse geloof omdat hy opgestaan het teen sogenaamde rassistiese gedrag, en sê rassisme moet gepak word waar dit ook al kop uitsteek.

SuperSport sien die gebeure in ‘n ernstige lig en gaan ‘n ondersoek instel.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!