Land van melk en heuning – Mandela En Kie Gaan Ons Nog R20 Miljoen Kos

Die naam van Kaapstad Internasionale Lughawe sal waarskynlik reeds teen die einde van hierdie jaar verander word, sê Minister van Vervoer, Blade Nzimande.

Nadat Malema op die begrafnis van Winnie Mandela gevra het dat die naam van die lughawe verander word om haar te vereer, het FN daaroor berig. Ons is beskuldig daarvan dat ons die bobbejaan agter die bult gaan soek en dat ons onbevestigde nuus versprei. Op die blad van ‘n ander politieke groepering is daar selfs oor gespot.

Maar FN het lankal geleer: Waar ‘n rokie trek is daar waarskynlik ‘n pot pap voor ‘n hut aan die kook. Die leunstoelpolitici en sosiale media politieke partye wat nounog nie agtergekom het dat die ANC deesdae na Malema se fluitspel dans nie, gaan regtig nie ver vorder nie. Want die ANC is desperaat om Malema se groot bek terug te kry in hulle kraal.

Hoe dit ookal sy: Die lughawe se naam gaan verander en dit gaan naastenby R20 miljoen kos wat uit vlugkaartjiepryse verhaal sal moet word. Dit is volgens ekonome omdat ACSA (Airports Company SA) verantwoordelik sal wees vir alle kostes verbonde aan die naamsverandering.

Vier nuwe name is voorgestel, almal van voormalige “struggle helde teen apartheid” (dit is nou die polities korrekte term vir “terroriste”) – Nelson Mandela, Winnie Madikizela Mandela, Albertina Sisulu (oud ANC aktivis) en Robert Sobukwe (stigter van die PAC)

Die voorsitter van die Kaapse Kamer vir Koophandel, Janine Myburgh, sê hulle reken die lughawe moet na Nelson Mandela vernoem word. Blykbaar stem beide ACSA en Blade Nzimande hiermee saam. Winnie se nefie, Bonginkozi Madikizela, (die leier van die DA in die Wes-Kaap) sê die DA het nie ‘n amptelike standpunt oor die kwessie nie. Dis natuurlik niks nuut nie. Die DA bly mos maar gewoonlik stil oor kwessies wat tot meningsverskil tussen die reënboogvolgelinge kan lei.

So – dit wil lyk asof die knoop so te sê deurgehaak is. Waar ons pa’s en ma’s van DF Malan na Jan Smuts gevlieg het, het ons na 1994 van Kaapstad Internasionaal na Johannesburg Internasionaal gevlieg en sal daar in die toekoms van Een-of-ander Mandela Internasionaal na Oliver Tambo Internasionaal gevlieg word.

En hier sit ons nog en dink dat die beloftes van Meyer en Ramaphosa in 1994 dat naamsveranderinge nie so gedoen sal word om enigiemand aanstoot te gee of te beledig nog geldig is!

Deur: Front Nasionaal


Enjoyed this post? Share it!