Leier van DA bied de Lille ‘n parlementspos aan

Na weke se geveg word Patricia de Lille uitgeskop as burgemeester van Kaapstad maar in die geheim bied die leier van die DA haar ‘n parlementspos aan, wat sy geweier het.

Politieke ontleders is verstom oor die oënskynlike teenstrydigheid, en sê dit is dieselfde pad wat die ANC loop, deur iemand te skors ‘n pos maar dan oor te plaas na ander ‘n pos waar die “werk” voortgesit kan word.

Daar word gevra hoe iemand as burgemeester gewantrou word, maar laat dan toe dat die persoon in die parlement gaan sit? Die een moontlikheid wat ontleders noem is dit uit vrees dat sy gaan oorloop na die ANC of EFF, en die ander moontlikheid is dat Mmusi Maimane vir De Lille nader aan hom wil hê om haar onder beheer te probeer hou.

De Lille gaan eerskomende Vrydag haar tot die hof wend oor haar skorsing en sy het intussen die steun van die ANC gekry wat haar steeds erken as die Kaapstadse burgemeester.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!