Leier van DA, erken dat sy party gebuk gaan onder interne struweling

Mmusi Maimane, leier van die DA, moes erken dat sy party gebuk gaan onder interne struwelinge en dat sy party daarom bepaalde uitdagings het.

In ‘n poging om skadebeheer toe te pas, het hy die versekering gegee dat hierdie probleme “nie die party se vertoning in die komende verkiesing aanstaande jaar demp nie.”

Die DA het homself in omstredenheid gedompel deur eers Helen Zille se vryheid van spraak aan bande te lê, daarna die mislukte poging van ‘n mosie van wantroue teen Patricia de Lille en haar latere afdanking, en die bedanking van die voormalige personeelhoof in die Tshwane-metro, Marietha Aucamp nadat sy deur die DA aangestel is sonder dat sy die nodige kwalifikasies gehad het.

Alhoewel hy sê dat sy party slaggereed is vir die verkiesing in 2019, glo politieke ontleders dat hy veral onder die blanke kiesers groot steun gaan verloor as gevolg van sy onnatuurlike dryf teen beweerde rassisme, en die feit dat sy beleid feitlik nie verskil van die ANC se beleid nie.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!