Listeriosis is glad nie onder beheer nie en dit eis alreeds 100 lewens

Die Gauteng Gesondheidsdepartement het erken dat hy dit moeilik vind om die uitbreek van Listeriosis te beheer.

Die meer as 100 sterftes is die hoogste getal sterftes wat sover aangeteken is in die wêreld. Daar is reeds 852 gevalle aangemeld waarvan 107 gesterf het.

Die oorsprong van die epidemie kon nog nie bepaal word nie maar dit blyk dat dit ‘n voedselproduk of aantal produkte van een maatskappy kan wees. Dit is veral babas onder die ouderdom van een maand en swanger vroue wat vatbaar is vir die virus.


Enjoyed this post? Share it!