Lynne Brown ignoreer banke se waarskuwing oor Eskom

Dit het aan die lig gekom dat die Wêreldbank en vyf ander internasionale finansiële instellings reeds in November vir Lynne Brown gewaarsku het om Eskom se raad en bestuur in orde te kry.

Ten spyte van die waarskuwing het sy Matshela Koko en Prish Govender heraangestel.

Moodys het die afgelope Vrydag Eskom se kredietwaardigheid verder afgradeer, wat beteken dat Eskom geklim het op die rommelhoop.

Waarnemers vra hoe lank Brown nog as minister gaan aanbly om van een gemors na die ander te ploeter?

Daarmee wil dit tog voorkom of Jacob Zuma se invloed nog steeds so sterk is dat sy handperde nie in die bek geruk kan word nie.

Jesse Duarte, ANC adjunk sekretaris-generaal het Zuma verdedig en gesê dat hy sy volle termyn sal uitdien en dat hy ‘n slagoffer is van viktimisasie!


Enjoyed this post? Share it!