Malema dreig die wittes met ‘n revolusie wat die die hoogste vorm van anargie gaan wees

Op die sosiale media word tans ‘n onderhoud versprei wat Julius Malema skynbaar met ‘n Turkse nuus netwerk gehad het.

Daarin het Malema gewaarsku dat Suid Afrika ‘n revolusie in die toekoms mag beleef. Hierdie revolusie sal volgens hom die hoogste vorm van anargie wees. Hy het weereens die uitlating gemaak dat die EFF nie ‘n oproep gemaak het dat blankes gedood moet word nie, “ten minste nog nie”. Die openlike dreigement is dat hul wel so ‘n oproep kan of gaan maak.

Die omroeper het hom daarop gewys dat so ‘n opmerking verstaan kan word as ‘n moord oproep waarop sy reaksie was: “huil baba, huil baba.”

Dit wil egter voorkom of dit ‘n bie ou onderhoud met Malema is, want daar vertoon hy nog heelwat ronder, terwyl hy tans heelwat maerder is nadat hy baie gewig verloor het.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!