Malema maak vir Zille kwaad

Die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, wie se party op verskeie plekke in koalisie met die EFF is, het op sosiale media uitgevaar teen Julius Malema oor sy onverbloemde rassisme.

Dit volg op Malema en Athol Trollip, DA burgemeester van Port Elizabeth, se woordestryd waarin hy maar weereens sy openlike haat teen wittes (selfs die linkse wittes) uitgespreek het.

Politieke kommentators sê dit is die maaksels van die ou Progressiewe Party van Helen Suzmann wat later geëindig het by die DA.

Zille was reeds voorheen verskeie male in die moeilikheid oor haar uitsprake op sosiale media, en waarnemers is van mening dat sy haar weer die onguns van die DA leierskap op die hals gehaal het omdat sy ‘n koalisievennoot aangevat het. Dit kan Zille se politieke lewe verkort.

Enjoyed this post? Share it!