Malema se nuwe strategieë om aandag te trek in die Media

Die absurde van die situasie in die nuwe SA kom na vore met die bewerings dat daar ‘n komplot is teen die lewe van Julius Malema.

Die polisie minister, Bheki Cele, gee dadelik opdrag aan die kommissaris van polisie, Khehla Sithole, om die dreigemente te ondersoek.

Dwelmhandelaars en moordenaars is glo genader om Malema om die lewe te bring.

Die dreigemente spruit glo voort uit die rigtinggewende leierskap van Malema en sy onversetlike standpunt rondom die vervolging van die Noordwes premier, Supra Mahomapelo.

Waarnemers glo egter niks van die beweerde komplot nie en sien dit as een van die EFF se suksesvolle strategieë om aandag in die media te kry. Daar word geglo dat die media te maklik val voor elke publisiteitsfoefie van die EFF.

Enjoyed this post? Share it!