Lewer 1 koekbrood
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 50 minute
130 g sagte botter of margarien
100 ml suiker
3 eiers, geskei
250 ml (1 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
125 ml (½ k) melk
100 g okkerneute, gekap
100 ml strooisuiker
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan van 22 x 8 cm en bestrooi met fyn, droë broodkrummels of meel.
- Room die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die eiergele een vir een by en meng goed.
- Sif die koekmeel en bakpoeier saam en meng by die bottermengsel in. Vou die melk in.
- Skep in die voorbereide broodpan en strooi die gekapte neute oor die beslag.
- Klits die eierwitte effens en voeg die strooisuiker geleidelik by. Klits tot ’n stywe meringue gevorm is.
- Bedek die beslag met die meringue en bak 50 minute. Bedek die meringue met ’n vel tinfoelie as dit te donker begin bak.
Huisgenoot 26 Desember 2013