Midsdadigers wat uit tronk ontsnap het hulp van binne

Die adjunkminister van justisie, Thabang Makwetla, het bevestig dat die onlangse ontsnappings uit tronke in Johannesburg en Kaapstad nie kon plaasvind sonder die hulp van persone binne die fasiliteite nie.

Hy beskik glo oor bewyse dat beamptes die gevangenes gehelp het om te ontsnap.

Veiligheidskenners vra waarom daardie persone dan nie ook blitsig agter die tralies gesit word voordat hulle verdere ontsnappings aanhelp nie?

Van die ontsnaptes is uiters gevaarlik en reeds lewenslank tronkstraf opgelê vir moord.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!