Minister van korrektiewe dienste sê tronke is oorvol

Minister van korrektiewe dienste, Michael Masutha, het Donderdag gesê dat Suid-Afrikaanse tronke tans 137% vol is.

Hy het bygevoeg en aangedui dat oorbevolking in tronke nog ’n ruk lank ’n realiteit sal by omrede die getal verhoorafwagtendes steeds aan die toeneem is, is provinsies soos Wes-Kaap a.g.v. beduidende toename aan inhegtenisnemings van persone wat verbind is met geweld misdade.

“Teen April 2018 was 163 114 gevangenes in aanhouding in 243 korrektiewe fasiliteite. Dit is 45 294 verhoorafwagtendes en 117 820 gevangenes wat reeds gevonnis is. Dit is baie meer as die 119 000 beddens wat ons tans beskikbaar het,” het Masutha aan verslaggewers gesê tydens ʼn konferensie voor sy begrotingsrede in die parlement.

Masutha het gesê gevangenisse in die Wes-Kaap het die afgelope drie tot ses maande ʼn groot toename (ongeveer 4 000) gesien in die getal verhoorafwagtendes. “Dit help ons nie om die kritieke situasie van oorbevolking aan te spreek nie,” het hy gesê. “Natuurlik kan ons nie verdagtes van ernstige of gewelddadige misdade huis toe stuur nie, ons moet vir hulle akkommodasie kry in ons reeds oorvol fasiliteite. Ons het nie ʼn keuse nie.”


Enjoyed this post? Share it!