Nie net Landbou is nou ‘n teiken vir onteiening nie, daar is ‘n krisus aan die broei

Die minister van water en sanitasie, wat vir maande doodstil was oor die Kaapse waterkrisis, het skielik na die voorgrond getree en dreig nou om private damme te nasionaliseer, om sogenaamd armoede en gelykheid aan te spreek.

Slegs enkele van die land se damme is in staatsbesit, maar ‘n groot aantal geregistreerde damme behoort aan veral boere, wat die damme gebou het ter wille van landbou en voedsel vir die bevolking. Dit is daardie damme wat nou in die minister se visier is.

Boere is erg ontstoke oor haar dreigement van onteiening, en verskeie boere het gedreig om die damme dan eerder plat te stoot as dat die staat die beheer daaroor wil oorneem, wat daartoe gaan lei dat dit ‘n toeloop na die dam kan veroorsaak en die reeds wankelende veiligheidstoestand op die platteland, verder kan destabiliseer.

Die HNP het intussen begin met ‘n veldtog wat onteiening en ontneming sonder vergoeding as diefstal beskryf. Kort na die bekendstelling van die slagspreuk, het dit wyd opslae op die sosiale media gemaak en word dit wyd versprei.


Enjoyed this post? Share it!